Hier is dit amptelik: "Julle beweer dat Saterdag die Joodse Sabbat is, maar dat die Christen Sabbat na Sondag verander is. Verander?! Maar deur wie? Wie het die gesag om 'n uitdruklike gebod van die Almagtige God te verander? Wanneer God gesê het, "Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig", wie durf dan sê, "Nee, werk en doen allerhande besigheid op die sewende dag; maar heilig in stede daarvan die eerste dag? Dit is die kardinale vraag. As 'n Protestant, wat beweer om te leef volgens die Bybel en die Bybel alleen; en tog, in die geval van so 'n belangrike saak soos die waarneming van een spesifieke dag as heilige dag, word die eenvoudige Bybelse bevel teëgegaan, en word 'n ander dag "geheilig". Die gebod om die sewende dag te heilig is een van die tien gebooie; indien u glo dat die ander nege nogsteeds bindend is; vanwaar dan die gesag om die vierde gebod te verander? Om dan konsekwent te wees met Protestantse beginsels, en werklik net die Bybel en die Bybel alleen te volg, dan behoort daar tog iewers 'n Skrifgedeelte in die Nuwe Testament te wees waar die vierde gebod uitdruklik verander was." 11Biblioteek van Christen Doktrine: Hoekom Hou U Nie Die Sabbat Dag Heilig Nie? (London: Burns and Oates, Ltd.), pp. 3, 4.