Media Library »

Storacles

separator

Die Wet van die Koning

Die Wet van die Koning

Inleiding

Nadat Darius, koning van die Mede-en-Perse, Babilon verower het, het hy alle Babiloniese regeringsamptenare tereggestel, behalwe een. Die gelukkige man was Daniël, 'n dienskneg van die ware God. Sewentig jaar tevore was hy as gevangene van Juda na Babilon gebring en het in die paleis gedien as raadgewer vir die Babiloniese konings. Daniël het dwarsdeur die koninkryk bekend geword 'omdat in hom ‘n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is...' Daniël 5:12; 6:3.

Koning Darius het Daniël nie net gespaar nie, maar hy was van plan om 'hom oor die hele koninkryk aan te stel '. Daniël 6:4. Toe die Medo-Persiese amptenare verneem dat die koning 'n ou Hebreeuse gevangene gaan bevorder om oor hulle te heers, was hulle jaloers en woedend. Daarom het hulle beplan om Darius te verlei om 'n wet te onderteken wat bepaal dat elkeen wat 'n versoek aan enige god of man behalwe die koning sou rig, in die leeukuil gewerp sou word (Daniël 6:7). Blykbaar het hierdie manne geweet dat Daniël onwrikbaar in sy gebedslewe was en vasbeslote was om die wet van sy God te gehoorsaam, wat die aanbidding van enige ander god verbied (Exodus 20:3).

Net soos hulle verwag het, het die amptenare vir Daniel gevang tot God bid voor sy op venster. Toe koning Darius ontdek dat hy bedrieg is en dat sy ou vriend op pad was na die leeukuil, het hy elke moontlike manier ondersoek om Daniël te bevry van die dwase wet wat hy onderteken het. Maar die wet kon nie verander word nie. Daniël het na die leeukuil gegaan, en God het sy getrouheid beloon deur 'n engel te stuur om die leeus se bekke te sluit (Daniël 6:22).

Profesie sê vir ons dat God se volk in die laaste dae 'n soortgelyke besluit sal moet neem oor watter koning en watter wet hulle sal gehoorsaam.

Kan God se morele wet verander of herroep word?

1. Kan God se morele wet verander of herroep word?

Lukas 16:17 Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde ______________ as dat een tittel van die wet sou val.

Psalm 89:35 Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.

Psalm 111:7-8 Die werke van sy hande is trou en reg… Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig.

Maleagi 3:6 Want Ek, die HERE, het nie verander nie


Let wel: Onder geen omstandighede kan God se Tien Gebooie ooit verander of herroep word nie. Dit is so permanent soos God self. Drie maal in die Bybel het aardse konings (Herodus, Ahasvéros, en Darius) wette gemaak wat hulle later wou verander, maar wat hulle nie kon nie. As die wette van swak, menslike konings nie kon verander nie, hoe kan enigiemand dink dat die ewige wet van God, wat deur Sy eie vinger in klip geskryf is, kan verander? Kyk na hierdie vergelyking tussen God en Sy wet.

"Eienskappe" God Is Die Wet Is
GoedLukas 18:19Romeine 7:12
HeiligJesaja 5:16Romeine 7:12
RegverdigDeuteronomium 32:4Romeine 7:12
VolmaakMattheus 5:48Psalm 19:7
Liefde1 Johannes 4:8Romeine 13:10
RegEksodus 9:27Psalm 19:9
WaarheidDeuteronomium 32:4Psalm 119:142,151
Rein1 Johannes 3:3Psalm 19:8
GeestelikJohannes 4:24Romeine 7:14
OnveranderlikMaleagi 3:6Mattheus 5:18
EwigGenesis 21:33Psalm 111:7,8


God se wet kan nie verander word nie, want dit is 'n transkripsie van Sy karakter. Die wonderlike woorde in die Bybel wat God beskryf, beskryf ook Sy wet. God se wet is Sy karakter in skrif. Dit is net so onmoontlik om God se wet te verander as wat dit is om God self te verander.

Volgens die Bybel, wat is sonde?

2. Volgens die Bybel, wat is sonde?

1 Johannes 3:4 sonde is ______________.

Romeine 3:20 want deur die wet is die kennis van sonde.


Let wel: Die duiwel haat die wet, want dit maak ons bewus daarvan dat ons 'n Verlosser van sonde nodig het. Romeine 4:15 sê: “Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie.” Die wet kan niemand red nie, maar dit wys ons God se volmaaktheid en ons onvolmaaktheid.

Na watter wet verwys 1 Johannes 3:4?

3. Na watter wet verwys 1 Johannes 3:4?

Romeine 7:7 ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die ________________ nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

Let wel: Dit is God se Tien Gebooie wat sê: “Jy mag nie begeer nie.” Dit is sonde om God se Tien Gebooie, geskryf met Sy eie vinger (Eksodus 31:18; 32:16), te breek. Enige sonde wat gepleeg kan word, word veroordeel deur minstens een van die Tien Gebooie.

Dit is waarom God se wet bekendstaan as "wyd" (Ps. 119:96) en "volmaak" (Psalm 19:8). Dit "geld vir alle mense." Prediker 12:13. Wanneer ons bewus raak van ons sondes, soek ons ‘n Verlosser. Daarom haat die duiwel die wet, want dit stuur ons om na Jesus te soek, wat kan red en vergewe.

Het Jesus die Tien Gebooie bewaar?

4. Het Jesus die Tien Gebooie bewaar?

Johannes 15:10 net soos Ek die gebooie van my Vader _________ en in sy liefde bly.

Let wel: Jesus het inderdaad die Tien Gebooie as 'n voorbeeld vir ons onderhou (1 Petrus 2:21).

Hoeveel mense het gesondig?

5. Hoeveel mense het gesondig?

Romeine 3:23 want ______ het gesondig

Wat is die straf vir 'n lewe van sonde?

6. Wat is die straf vir 'n lewe van sonde?

Romeine 6:23 Want die loon van die sonde is die ________

Let wel: As God se wet verander kon word, sou dit nie nodig gewees het vir Jesus om aan die kruis te sterf nie. Die feit dat Jesus die straf vir sonde en dood betaal het is 'n bewys dat die wet onveranderlik is.

Sommige sê dat die Tien Gebooie nie bindend is vir Nuwe Testament Christene nie. Wat het Jesus gesê?

7. Sommige sê dat die Tien Gebooie nie bindend is vir Nuwe Testament Christene nie. Wat het Jesus gesê?

Mattheus 19:17 Maar as jy in die lewe wil ingaan, ___________ die gebooie.

Johannes 14:15 As julle my liefhet, bewaar my gebooie.

Openbaring 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen

Openbaring 14:12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.


Let wel: Die Nuwe Testament leer duidelik dat God se mense Sy gebooie sal hou. Almal van ons weet dat die wêreld vandag in groot moeilikheid is omdat so baie mense dit nie meer belangrik ag om God se gebooie te onderhou nie. Die Bybel praat van ons dag deur te sê: “Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek.” Psalm 119:126.

Hoe is dit moontlik om die gebooie te onderhou?

8. Hoe is dit moontlik om die gebooie te onderhou?

Filippense 4:13 Ek is tot alles in staat deur __________ wat my krag gee.

Romeine 8:3-4 Want God het… sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons

Filippense 1:6 dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;


Let wel: Wanneer 'n mens wedergebore word, woon Jesus Christus, deur Sy Heilige Gees, in daardie persoon se lewe en doen ‘n wonderwerk om gehoorsaamheid moontlik te maak.

9. Wat is die ou verbond, en waarom het dit misluk?

Deuteronomium 4:13 Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.

Hebreërs 8:8-9 Want Hy _______ hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.


Let wel: Die fout van die ou verbond was by die mense, nie by God of Sy wet nie.

Psalm 19:8 Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

10. Op watter wet is die nuwe verbond gebaseer?

Hebreërs 8:10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle ______ skrywe;

Let wel: Die twee verbonde was ooreenkomste tussen God en Sy volk. Die ou verbond het misluk omdat dit op die foutiewe beloftes en werke van die mense gebaseer was.

Exodus 24:7 Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.

Die nuwe verbond is suksesvol, omdat dit God se wet is wat in die hart geskryf is, en word op die beloftes van Jesus en Sy wonderlike krag gebaseer, en nie die beloftes van die mense nie.

Hebreërs 8:10 Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe;

'n Persoon se hele natuur word verander, sodat dit 'n plesier word om God se wil te doen. Let daarop dat die nuwe verbond op dieselfde wet gebaseer is, maar dat dit in ‘n ander plek (die hart) geskryf is, en op beter beloftes (God s’n) gebaseer is.

11. Al is ons onder die genade, deur geloof, moet ons nogsteeds die wet hou?

Romeine 6:15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? ______, stellig nie!

Romeine 3:31 Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.


Let wel: Diegene wat deur Jesus vergewe is vir die oortreding van Sy wet is dubbel verplig om Sy wet te gehoorsaam. En omdat hulle weet van Sy vergifnis, sal hulle meer as ander verlang om Jesus gelukkig te volg.

12. Word mense gered deur die wet te onderhou?

Efesiërs 2:8-9 Want uit _______ is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Let wel: Niemand word gered deur die hou van God se wet nie. Almal word deur die wonder-werkende genade van God gered. Maar die wat gered is, en wedergebore is, sal deur die genade van Jesus Sy wet wil hou as 'n uitdrukking van hul liefde en dankbaarheid aan Hom.

Johannes 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.

13. Wat motiveer 'n persoon om God se wet te gehoorsaam?

Romeine 13:10 daarom is die _________ die vervulling van die wet.

Mattheus 22:37-39 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

1 Johannes 5:3 Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar;


Let wel: Liefde is die beste motiveerder. Die eerste vier gebooie het te doen met my plig teenoor God. As ek lief is vir Hom, is gehoorsaamheid aan die gebooie 'n plesier. Die laaste ses gebooie omhels my plig teenoor mense. As ek mense werklik liefhet, sal ek nie iets wil doen wat hulle kan seer maak nie

14. Kan ek 'n ware Christen wees sonder om God se gebooie te hou?

1 Johannes 2:3-4 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie _________. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.

15. Is daar van die Ou Testament wette wat nie meer bindend op Christene is nie?

Efesiërs 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in _____________ bestaan;

Let wel: Ja, die insettinge wat die priesterskap en die offerstelsel gereguleer het is afgeskaf omdat hulle Christus voorafgeskadu het (Kolossense 2:13-17). Hy het hulle vervul as die ware Lam van God.

16. Wie haat die duiwel veral?

Openbaring 12:17 En die draak [duiwel] was vertoornd op die vrou [die kerk], en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die ___________ van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

Let wel: Satan haat God se eindtyd-kerk wat Jesus se gebooie gehoorsaam en mense leer dat daar 'n goddelike krag is wat sondaars na heiliges kan verander.

17. Wat is 'n paar van die heerlike belonings van die onderhouding van God se wet?

Johannes 15:11 Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle _______ volkome kan word.

Spreuke 29:18 maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.

Psalm 119:165 Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.


Let wel: Geluk, vreugde, vrede, en ‘n meer volop lewe kom na diegene wat God se wet onderhou. Geen wonder Dawid het gesê dat God se opdragte meer begeerlik as goud is nie (Psalm 19:11).

Aanvulling

Parallelle tussen Bybelkarakters en Jesus

Baie van die Bybelse helde is tipes van Jesus. Moses, Josef, Dawid en Salomo was almal mense wat op 'n stadium in hul lewens die lewe en bediening van Christus voorspel het. Die ooreenkomste tussen hulle ervarings was bedoel om die wêreld te help om Jesus as die Seun van God te erken.

Daniël se ervaring met die wet en die leeus is 'n voorbeeld van so 'n geestelike parallel. Let op die volgende ooreenkomste:

-Die leiers in Medo-Persië wou Daniël uit sy hoë posisie verwyder omdat hulle jaloers was op sy noue verhouding met die koning. Daniël 6:4 sê: "daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel." Net so wou die leiers in Jerusalem van Jesus ontslae raak omdat hulle jaloers was op sy gehoorsaamheid aan die Koning van die heelal (Johannes 5:18-20).

-Die Medo-Persiese amptenare het Daniël gevolg om hom te probeer vang dat hy iets verkeerd doen of sê (Daniël 6: 4). Die godsdienstige leiers van Jesus se tyd het spioene gestuur om Jesus te volg, in die hoop dat hulle hom sou laat doen of iets verkeerd sou sê (Lukas 20:19, 20).

-Die vyande van Daniël kon geen fout met hom vind nie, en daarom het hulle 'n lokval gestel om so hul doel te behaal (Daniël 6: 5-9). Net so het die owerpriesters en skrifgeleerdes met Judas Iskariot saamgespan om 'n strik vir Jesus te stel (Lukas 22:2-6). Pilatus het egter verklaar dat hy geen skuld in Jesus gevind het nie (Johannes 19:4).

-Nadat Daniël in die leeukuil gegooi is, is 'n klip oor die ingang geplaas en met 'n seël verseël (Daniël 6:16, 17). Jesus is ook in 'n graf met 'n groot klip by die deur geplaas en deur die wagte verseël (Matteus 27:58-60, 65, 66).

-Beide Daniël en Jesus was onskuldig en het lewendig uit hul tronke gekom (Daniël 6:23; Markus 16:5, 6).

Kyk of u ander ooreenkomste kan vind tussen die lewens van Bybelkarakters en die lewe van Jesus!

Free Bible School

Bible School
Enroll in our Free Online Bible School Today!
Start your first lesson now!


Christian Hymns



Freebie!

Ultimate Resource
Request your free book, Ultimate Resource, today and learn how to study the Bible
Get It Now!


Back To Top