Media Library »

Storacles

separator

Die Rebelse Prins

Die Rebelse Prins

Inleiding

Absalom was die aantreklikste, listigste en mees ambisieuse seun van Dawid. Die Bybel sê: "En in die hele Israel was daar geen man so mooi soos Absalom, so geprys nie: van sy voetsool af tot sy hoofskedel toe was daar geen gebrek aan hom nie." 2 Samuel 14:25.

Maar hierdie vasberade jong prins wou meer hê as net die bewondering van die mense oor sy pragtige voorkoms. Hy wou die mag van die troon van sy vader hê. Hy wou koning van Israel wees- en dit, teen enige prys. Eers het Absalom sy ouer broer, Amnon, vermoor nadat Amnon sy suster Tamar onteer het. Amnon was Dawid se eersgebore seun en eerste in die ry as troonopvolger. Nadat Absalom weer sy vader se guns gewen het, het hy in die hele koninkryk subtiele saadjies van twyfel in Dawid se leierskap, oordele en wette gesaai, totdat hy 'die hart van die manne van Israel gesteel het'. 2 Samuel 15:6.

Uiteindelik het sy geslepe plan in volslae rebellie uitgebars toe Absalom sy eie vader probeer vermoor en 'n staatsgreep probeer uitvoer het. Dawid en sy volgelinge is toe gedwing om uit Jerusalem te vlug. Maar ná 'n hewige geveg 'n paar dae later was Dawid weer veilig op sy troon, en die aantreklike prins Absalom was dood.

Inderdaad 'n hartseer verhaal, maar dit was nie die eerste so 'n koningsgesinsvete nie. In 'n ander groot koninkryk lank gelede het baie soortgelyke gebeure gelei tot die mees tragiese opstand van alle tye. Daardie koninkryk word genoem- die hemel!

Wat was die naam van die rebelse prins in die hemel, en hoekom het hy gerebelleer?

1. Wat was die naam van die rebelse prins in die hemel, en hoekom het hy gerebelleer?

Jesaja 14:12 Hoe het jy uit die hemel geval, o ______________, seun van die dageraad!

Jesaja 14:13-14En jy het in jou hart gesê… Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

Esegiël 28:17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans.


Let wel: Lucifer, die môrester, was die kragtigste en pragtigste van God se skepsels. Hy was die hoof van die engele en het waarskynlik die hemelse koor gelei. Maar hy het toegelaat dat sy skoonheid hom met trots vul. (Sien aanvulling getiteld “Satan gesimboliseer deur die konings van Tirus en Babilon.”)

Het God ‘n duiwel gemaak toe Hy die engel Lucifer geskape het?

2. Het God ‘n duiwel gemaak toe Hy die engel Lucifer geskape het?

Esegiël 28:15 Jy was ______________ in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.

Let wel: God het 'n volmaakte engel gemaak wat uit sy eie vrye wil gekies het om 'n duiwel te wees. Dit kan moeilik wees om nou te dink, maar as ons vir Satan geken het voor sy val, sou ons lief gewees het vir hom. Ons weet nie presies hoe lank nie, maar Satan het moontlik God gedien met blydskap vir jare voordat hy begin het om trots en wrok te koester in sy hart. Die Here kon al Sy wesens soos robotte gemaak het, maar 'n robot kan nooit lief hê nie. Ware liefde moet bereid wees om ‘n risiko te neem. Dit is die rede waarom ouers besluit om kinders te hê al weet hulle dat die kinders enige tyd kan kies om ongehoorsaam te wees.

God het Satan toegelaat om sy rebellie uit te voer vir 'n paar redes. Eerstens, om vir ewig die vraag te beantwoord van of God Sy skepsels maak met die vryheid van keuse. Tweedens, as God Satan vernietig het sodra hy begin twyfel versprei het oor God se liefde en regering, dan sou al die ander intelligente wesens vir ewig onbeantwoorde vrae gehad het. Hulle sou gedink het, “Miskien was Lucifer reg.” Daarom was Satan toegelaat om te wys hoe verskriklik die gevolge van sonde is. Onthou, God wil nie hê Sy skepsels moet Hom bloot gehoorsaam omdat Hy hulle gaan straf as hulle dit nie doen nie. Hy wil hê ons moet gehoorsaam wees uit die beginsel van liefde eerder as uit vrees.

Wat het uiteindelik gebeur?

3. Wat het uiteindelik gebeur?

Openbaring 12:7 En daar het ____________ in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;

Let wel: Satan en die engele wat saam met hom gekant het was uit die hemel geskors.

Watter kragtige wesens werk onder die duiwel se mag?

4. Watter kragtige wesens werk onder die duiwel se mag?

Openbaring 12:9 hy is neergewerp op die aarde, en sy ____________ is saam met hom neergewerp

Openbaring 12:4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi.


Let wel: Satan is so skelm dat hy in staat was om 'n derde van die engele van die hemele te mislei om hom te volg in sy rebellie teen God. Hierdie gevalle engele staan nou bekend as "duiwels" en "demone" en voer Satan se wil uit. In ons verhaal van Absalom het ons gesien dat hy net so min van sy eie vuil werk gedoen het. Absalom het beveel dat sy dienaars sy wense moes uitvoer.

2 Samuel 13:28 En Absalom het sy dienaars bevel gegee en gesê: Let tog op, net soos Amnon se hart vrolik is van die wyn en ek vir julle sê: Slaan Amnon dood! dan moet julle hom doodmaak. Wees nie bevrees nie; het ék julle dit nie beveel nie?

2 Samuel 14:30 Daarop sê hy aan sy dienaars: Kyk, Joab se stuk land is langsaan myne, en hy het gars daarop; gaan steek dit aan die brand.

Watter metodes gebruik Satan in sy werk?

5. Watter metodes gebruik Satan in sy werk?

Openbaring 12:9 Satan, wat die hele wêreld ________ .

B. Markus 1:13 En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is

C. Openbaring 16:14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen

D. Openbaring 12:10 die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

E. Johannes 8:44 Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.


Let wel: In een opsig het Satan 'n voordeel bo God in die stryd tussen goed en kwaad. God gebruik net die waarheid, maar Satan kan waarheid of leuens in enige kombinasie gebruik om sy doel te dien. (Sien aanvulling getiteld “Verwag die onverwagte.”)

Wanneer is die duiwel die gevaarlikste?

6. Wanneer is die duiwel die gevaarlikste?

2 Korinthiërs 11:14-15 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die _______. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

Let wel: Net soos die duiwel het Absalom ook voorgegee dat hy belangstel in die mense se welsyn en geluk sodat hy hulle kan mislei.

2 Samuel 15:5-6 En elke keer as iemand nader kom om voor hom te buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom. Op dié manier het Absalom met al die Israeliete gehandel wat vir regspraak na die koning kom, sodat Absalom die hart van die manne van Israel gesteel het.

Satan is die gevaarlikste wanneer hy voorgee dat hy 'n geestelike wese te werke in die kerk is. (Sien aanvulling getiteld “’n Briljante Engel.”)

Ken Satan die Bybel?

7. Ken Satan die Bybel?

Mattheus 4:5-6 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is ____________: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie

Let wel: Die duiwel is baie goed daarmee om die Bybel verkeerd aan te haal met die doel om mense te mislei. Daarom is dit noodsaaklik dat God se mense die Skrif vir hulleself ken om te verhoed dat hulle mislei word.

8. Wie haat die duiwel die meeste op die aarde?

Openbaring 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander _______________ wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

9. Watter twee dodelike gediertes gebruik die Bybel om Satan voor te stel?

1 Petrus 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende __________, en soek wie hy kan verslind.

Openbaring 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan


Let wel: Beide leeus en slange gebruik stilte en afleiding om hul prooi te vang. Net soos die duiwel, spring hulle skielik op die slagoffers en is genadeloos teenoor lyding.

10. Wat is die enigste manier hoe ons die Satan kan weerstaan?

Jakobus 4:7-8 Onderwerp, wees _____________ julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.

Let wel: Die beste maniere om nader aan God te wees is deur gebed en om Hom te soek in Sy Woord.

11. Hoe het Jesus die aanslae van die duiwel weerstaan?

Mattheus 4:10 Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is __________.

Efesiërs 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die Woord van God.

Hebreërs 4:12 Want die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende sward.


Let wel: Ons enigste veiligheid teen die misleiding van Satan is om God se Woord in ons gedagtes te bêre om ons te weerhou van sonde. Dieselfde hulp wat Jesus gebruik het teen die duiwel is vandag nodig en ook beskikbaar vir ons.

Psalm 119:11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

Efesiërs 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

12. Hoe sal die finale lot van Satan soortgelyk wees aan dié van Absalom?

2 Samuel 18:17 hulle Absalom geneem en hom in die bos in ‘n groot ________ gegooi

Jesaja 14:15 in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!

13. Sal Satan ooit weer verskyn om God se mense te versoek?

Esegiël 28:19 en sal daar nie meer wees tot in ________ nie

Nahum 1:9 die benoudheid sal nie twee maal opkom nie

14. Hoe voel God oor die vernietiging van die goddeloses?

Esegiël 33:11 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom __________ van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?

Let wel: Dit maak God seer om die goddelose te vernietig. Die Bybel noem die vernietiging van die goddelose deur God Sy "vreemde" daad omdat dit vreemd is aan Sy liefdevolle natuur. (Sien Jesaja 28:21)

15. Hoe het Dawid gereageer toe hy gehoor het dat sy rebelse seun, Absalom, doodgemaak was?

2 Samuel 18:33 Toe het die koning baie __________ geword en opgeklim na die bovertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en só gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!

Aanvulling

Die konings van Tirus en Babilon as simbole van satan

In Jesaja 14:4-15 gebruik die Bybel die koning van Babilon as 'n simbool van satan, en in Esegiël 28:11-19 word satan deur die koning van Tirus gesimboliseer. In beide gevalle weet ons dat die simboliek verder gaan as aardse konings omdat God se beskrywing van die wese nie op enige sterflike mens van toepassing kon wees nie. Let op die maniere waarop Lucifer (nou satan genoem) in hierdie Skrifgedeeltes beskryf word:

1. vanuit die hemel geval (Jesaja 14:12)
2. was vol wysheid en volmaak in skoonheid (Esegiël 28:12)
3. was in Eden gewees (vers 13)
4. elke edelsteen was sy bedekking (vers 13)
5. was die gesalfde gerub wat bedek (vers 14)
6. was op die heilige berg van God (vers 14)
7. was volmaak in sy weë (vers 15)

Aangesien die konings van Babilon en Tirus dieselfde beleid gevolg het en dieselfde totale vernietiging gely het as satan se koninkryk, het God dit gebruik om satan self te verteenwoordig. Feitlik alle Bybelkenners is dit eens aangaande die simboliek. Terloops, die Bybel bevat baie ander verwysings na Lucifer (sien Lukas 4:5, 6; 10:18; Johannes 8:44; 2 Petrus 2:4; 1 Johannes 3:8; Judas 6; Openbaring 12:7-9) , maar sonder Esegiël 28 en Jesaja 14 sou ons nie die volledige geskiedenis gehad het nie.

Verwag die Onverwagte
Baie mense verwag dat satan in die eindtyd openlik as God se vyand sal verskyn, maar dit is nie so nie. Satan is inderdaad God se bitterste vyand, maar sy benadering sal wees om geregtigheid te verbeeld (Matteus 24:24). Hy kan verskyn as 'n glorieryke, engele wese (2 Korintiërs 11: 13-15) en sal die aanbidding van mense vereis (Openbaring 13:12). Die Skrif is duidelik dat sy goddelike front so oortuigend sal wees dat 'hele wêreld' verwonderd agter die dier aan sal gaan (Openbaring 13:3). Praat van 'n tragedie! Satan sal so effektief wees om Christus na te boots dat feitlik die hele wêreld hom sal volg, en aldeur dink dat hulle Jesus volg. Sou u mislei word? Nie as u ag slaan op die Bybelwaarskuwings wat in hierdie reeks aangebied word nie.

'n Skitterende engel
Satan is verheug as mense hom uitbeeld as 'n lelike, rooi, vlermuis gevleuelde wese wat deels mens en deels dier is, met gesplete hoewe en 'n lang, puntige stert het, of wat 'n vurk dra en die hel se vuur aansteek. Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Sulke begrippe kom uit die Griekse mitologie. So 'n klugspul word nie in die Skrif gevind nie. Die Bybel beskryf satan as 'n briljante, baie aantreklike engel met 'n ongelooflike kommunikasievermoë. Hy is ook goed vertroud met die Skrif (Matteus 4:5, 6). Die duiwel is 'n selfverklaarde vyand van God met die doel om God se karakter te beswadder en Sy koninkryk te verower. Satan verag jou en jou geliefdes en het planne om jou ook te vernietig. Hierdie reeks sal u help om sy planne te verstaan ​​en u leer hoe om dit te stuit. Plaas u lewe net in die beskermende sorg van u Almagtige Verlosser, en bid ernstig vir Sy leiding.

Free Bible School

Bible School
Enroll in our Free Online Bible School Today!
Start your first lesson now!


Christian Hymns



Freebie!

Ultimate Resource
Request your free book, Ultimate Resource, today and learn how to study the Bible
Get It Now!


Back To Top